Quantcast
Channel: Groentegeregte | Maroela Media
Viewing all 81 articles
Browse latest View live

Pretville-groenteskottel

$
0
0

Lewer 4 porsies

Bestanddele:
3 k gerasperde murgpampoentjies
1 ui, gekap
4 repe spek, in stukkies gesny
1 k cheddarkaas, gerasper
3 e olie
2 eiers
1 410g-blik heelpitmielies, gedreineer
½ k melk
varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n oondbak met botter.
2. Meng al die bestanddele saam, geur na smaak en skep in die voorbereide bak.
3. Bak vir 45 minute of tot goudbruin en gaar.

Resep oorspronklik gepubliseer in Proe Pretville
Uitgewer: Lapa
Prys: R225-00*
* Prys onderhewig aan verandering


Resep: Bobotie

$
0
0

Bobotie is moontlik die gewildste gereg van die Kaapse kookkuns. ‘n Gebakte eier- en melksous, met ‘n titseltjie suurlemoensap, of ‘n lourierblaar of wat, bedek ‘n pikante potpourri van geure – maalvleis met kerrie, appelkose, rosyne, neute en kruie.

Bestanddele:
1 kg gemaalde vleis
1 groot ui
25 ml (2 eetl.) botter of olie
1 dik sny brood
250 ml (1 koppie) melk
12,5 ml (1 eetl.) appelkooskonfyt
50 ml (4 eetl.) suurlemoensap
75 g ontpitte rosyne
10 droë appelkose
30 ml (2 hoogvol eetl.) kerriepoeier
12 amandels in kwarte gesny
5 ml (1 teel.) sout
2 ml (½ teel.) peper
6 suurlemoen- of lourierblare
2 eiers

Metode:
Soteer die ui in die botter of olie. Week die brood in die helfte van die melk. Meng alle bestanddele behalwe die eiers, die res van die melk en die suurlemoen- of lourierblare. Skep in ‘n oondskottel en druk die suurlemoen- of lourierblare in. Klits die orige melk en eiers saam en giet oor die vleis. Bak ongeveer 45 minute lank in ‘n matige oond. Bedien met rys, blatjang, gerasperde klapper en gekapte neute.

Resep oorspronklik gepubliseer in Spys en Drank
Uitgewer: Lapa
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Spys en drank is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek www.lapa.co.za.

Geroomde spinasie met Fetakaas

$
0
0

Genoeg vir 4

Sous:
30 g Clover Mooi River botter
3 e (45 ml) koekmeel
½ k (125 ml) Clover volroommelk, warm
¼ k (60 ml) Clover vars room, louwarm
sout en varsgemaalde swartpeper

30 g Clover Mooi River botter
1 ui, geskil en fyn gekap
1 knoffelhuisie, gepers
400 g jong spinasieblare, geblansjeer
100 g Clover Fetakaas, gekrummel

Verhit die botter in ‘n pan. Roer die meel by en kook 1 minuut. Roer die warm melk by en kook 3 minute. Voeg die room by en roer deur. Geur na smaak met sout en peper. Hou eenkant.

Maak die spinasie:
Verhit die botter oor lae hitte in ‘n pan en soteer die ui en knoffel vir 3 tot 4 minute, of tot sag. Sny die spinasie fyn en roer by die uiemengsel in die pan. Roerbraai 1 minuut. Voeg die fetakaas en witsous by en roer goed deur. Sit warm voor.

Gevulde sampioene met twee vulsels

$
0
0

Lewer 6

6 groot bruinsampioene
olyfolie

Kaas-en-blatjang-vulsel
500 ml (2 k) gerasperde beleë cheddarkaas
125 ml ( ½ k) Mrs Ball’s Blatjang
varsgemaalde swartpeper

1. Breek die sampioene se steeltjies af. Smeer olyfolie met ‘n kwas aan albei kante van die koppe.
2. Meng die kaas en blatjang- gebruik genoeg blatjang om dit ‘n redelike klam mengsel te maak- en geur met swartpeper. Skep dit in die sampioenkoppe en maak seker die koppe is deeglik bedek.
3. Plaas elke sampioen op ‘n stuk aluminiumfoelie, lig die foelie se kante op sodat dit regop staan, maar moet dit nie toedruk nie. Sit dit so op die rooster en braai vir 12-15 minute totdat die sampioene sag is en die kaas gesmelt het.

Vingerskorsie-en Feta vulsel
3 vingerskorsies (jong murgpampoentjies), gewas en skoongesny
2 wiele romerige fetakaas, og gebruik 1 x 100g -rolletjie roomkaas
2 Knoffelhuisies fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper

1. Rasper die vingerskorsies en krummel die fetakaas. Meng dit saam die knoffel, sout en peper.
2. Breek die sampioene se steeltjies af. Smeer olyfolie met ‘n kwas aan albei kante van die koppe.Verdeel die mengsel tussen die sampioenkoppe. Plaas elke sampioen op ‘n stuk aluminiumfoelie, lig die foelie se kante op sodat dit regop staan, maar moet dit nie toedruk nie. Sit dit so op die rooster en braai vir 12-15 minute totdat die sampioene sag is en die kaas gesmelt het en die vingerskorsie deurgaar is.

Oorspronklik gepubliseer in Hilary Biller se Japtrap-Braai
Uitgewer: Struik
Prys: R160-00*
* Prys onderhewig aan verandering

Resep: Een-bak-aandgereg

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Meng tesame:
1 koppie bruismeel
½ koppie smash of Maggie-kapokaartappels
½ koppie water
½ koppie kookolie
½ teelepel bakpoeier
Sout

Meng tesame:
500 g gemaalde vleis
1 pakkie spring vegetable-sop (69g)
1 koppie kookwater
½ koppie broodkrummels

Metode:
Plaas deegmengsel onder in bak.
Sit vleismengsel bo-op.
Sit gerasperde kaas of tamatie of spek bo-oor.
Bak ongeveer ¾ uur op 180°C.
Sue Kȕhn

Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Resep: Aartappelkoekies

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

(4 porsies)

Bestanddele:
3 medium aartappels
12,5 ml (1 e) koekmeelblom
1 eier, geklits
5 ml (1 t) sout
40 g (100 ml) (¾ k) kaas, gerasper

Metode:
1. Skrop, skil en rasper die aartappels en meng met die ander bestanddele.
2. Verhit ʼn klein bietjie olie of vet in ʼn pan en braai lepelsvol van die mengsel totdat die koekies aan albei kante ligbruin is.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Resep: Stampmielies

$
0
0
Stampmielies Foto via OFM

Stampmielies Foto via OFM

(4 – 6 porsies)

Bestanddele:
250 ml (1 k) stampmielies, gewas
1,25 ℓ water
5 ml (1 t) sout
12,5 ml (1 e) botter

Metode:
1. Week die stampmielies oornag in die water.
2. Verhit dan in die weekwater en laat ongeveer 2 tot 3 uur lank stadig sag kook. Roer af en toe om aanbrand te voorkom.
3. Roer die sout by as dit begin sag word en die botter net voordat dit opgeskep word.
4. Dien op met afval, vleis en groente

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Resep: Slaphakskeentjies

$
0
0

In my dae het ʼn kind sy plek geken. Jy is gesien, maar nie gehoor nie. Daar was pligte: die as uit die vuurherd krap, bed opmaak, tee maak as die tannies kom kuier… Ek weet nie hoekom dit destyds vir my so ʼn beproewing was nie. Dalk was dit die bangmaakstorie dat tee jou vlooie in die maag gee. Ek en teeblare was nie vriende nie. En sokkies oprol. My pa was soveel weg met kontrakwerk, daar was altyd ʼn berg sokkies wat gestop moes word. Maar as my ma my rêrig wou straf, moes sy my sê om uie te skil.Ons het een jaar ʼn familiesaamtrek gehad op my oom se plaas. Dit was ʼn ongelooflike avontuur. My pa het ʼn karavaan geleen en ons het die pad gevat Groot Marico toe. Met die pakkery het ek gesien daar is ʼn gerookte vlakvarkboud, ʼn berg boontjies en aartappels, en ʼn reusesak uitjies. Daai sak uitjies het een ding beteken: trap in jou spoor!

Ek het ophou tel ná ek veertig klein uitjies geskil het – en ʼn eed gesweer dat ek eendag as ek groot is nooit uie in my kos sal gebruik nie. Maar toe ek die volgende dag my ma se slaphakskeentjies proe, het ek geweet: Netta Nortjé, jy moet erken, jy is verkeerd. ʼn Uit is jou vriend.

Die beste ding van slaphakskeentjies is dat die die volgende dag nog lekkerder is. Sit dit voor met jou oorskiet koue vleis en varsgebakte brood. Jy het nie eers poeding nodig nie.

-Matrone (Netta Nortjé op 7de Laan)

Lewer 4 -6 porsies

Foto uit die boek "7de Laan vier fees"

Foto uit die boek “7de Laan vier fees”

Bestanddele:
1 kg piekeluie, geskil en heel gehou (sien Wenk)
10 ml (2 t) mosterdpoeier
5 ml (1 t) mielieblom
2,5 ml (½ t) borrie
60 ml (¼ k) koue water
500 ml (2 k) bruin druiweasyn
180 ml (¾ k) suiker
2,5 ml (½ t) sout
3 eiers

Metode:
1. Plaas die uie in ʼn kastrol met genoeg water om dit te bedek. Laat 20 – 30 minute stadig kook oor matige hitte of tot gaar. Die uie moenie te vinnig kook nie, want hulle moet nog stewig wees en heel bly. Dreineer deeglik.
2. Meng die mosterd, mielieblom en borrie met die water. Maak seker dat daar geen klonte is nie. Gebruik ʼn draadklitser om makliker van die klonte ontslae te raak. Meng die mielieblommengsel met die asyn.
3. Plaas die suiker en sout in ʼn kastrol en meng die asyn-en-mielieblommengsel daarmee. Verhit dit stadig oor matige hitte totdat die suiker opgelos is en dit begin kook. Roer af en toe sodat dit nie vassit nie.
4. Klits die eiers deeglik in ʼn mengbak. Voeg die asynmengsel bietjie vir bietjie daarby terwyl jy aanhoudend roer. Moenie die eiers by die asynmengsel voeg nie, want dit sal skif.
5. Gooi die mengsel terug in die kastrol, verhit stadig en hou aan roer tot verdik. Gooi die warm sous oor die uie en meng goed deur. Laat heeltemal afkoel en hou in die yskas tot voor opdiening.
6. Die uitjies raak lekkerder hoe langer dit staan. So, jy kan dit selfs die dag voor die tyd maak.

Wenk:
Om dit makliker te maak om die piekeluie te skil, week dit vir ʼn paar minute in ʼn bak kookwater. Die skille sal dan baie makliker afkom.

Die resep is gepubliseer in die boek 7de Laan vier fees!
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R265-00*
*Prys onderhewig aan verandering


Resep: Geroomde spinasie met fetakaas

$
0
0

geroomde spinasieBestanddele:
500 ml basiese kaassous (klik hier vir die resep)
1 x 500 g-pak gevriesde spinasie, ontdooi
1 x 225 g-houer fetakaas, gedreineer
sout en swartpeper na smaak

Metode:
1. Meng die kaassous en spinasie in ‘n kastrol en laat goed warm word oor lae hitte.
2. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Sit warm voor as bykos by enige vleisgereg, of gebruik as vulsel vir pannekoek.

Resep oorspronklik gepubliseer in Smul sonder sukkel
Prys: R73.21 (e-boek)*
* Prys onderhewig aan verandering

Resep: Aspersietert

$
0
0
Foto: stayathomemum.com.au

Foto: stayathomemum.com.au

Bestanddele:
250 g spekvleis, in stukkies gesny
2 uie, gekap
1 blik aspersieslaaistukkies (410 g)
100 g Cheddar-kaas, gerasper (250 ml)
2 eiers
250 ml melk (1 k)
3 ml sout
1 ml rooipeper
deeg vir kors (sien resep vir Vleispasteitjie-deeg hier onder)

Metode:
1. Braai die spekvleis en uie saam.
2. Skep dit bo-op die tertkors
3. Plaas die aspersiestukkies en gerasperde kaas bo-op die spekvleis en uie.
4. Klits die eiers, melk, sout en rooipeper saam.
5. Gooi dit oor die spekvleis-kaasmengsel.
6. Bak die tert 45 minute lank in ‘n matige oond (180°C).

Vleispasteitjie-deeg
(gebruik vir alle soutkorse wat gebak moet word; krimp glad nie)

Vryf 625 g margarien in 6 k meel, ½ t kremetart en 1½ t sout.
Maak aan met:
3 eiergele en
60 ml witasyn (¼ k) saamgeklits in
¾ k yswater

1. Vou toe in plastiek en plaas in yskas vir ten minste ses ure.
2. Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.
3. Rol uit en gebruik.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Resep: Pampoenkoekies

$
0
0
Pampoenkoekies Foto: smulweb.nl

Pampoenkoekies Foto: smulweb.nl

Lewer 6 porsies.

Bestanddele:
500 ml gaar fyngemaakte pampoen (boerpampoen) (2 k)
60 g koekmeelblom (125 ml) (½ k)
5 ml bakpoeier (1 t)
knippie sout
2 eiers, geklits
kaneelsuiker

Metode:
1. Meng die pampoen, meelblom, bakpoeier en sout en maak aan met die eier om ‘n taamlike slap beslag te maak.
2. Braai lepelsvol alkante bruin in warm vet of olie.
3. Dreineer op absorbeerpapier en strooi kaneelsuiker oor.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Resep: Gebakte blomkool

$
0
0
Foto: Huisgenoot Wenresepte 1

Foto: Huisgenoot Wenresepte 1

‘n Mens kan die blomkool deur broccoli vervang en ook kaas tussen die lae krummels en groente plaas.

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:
500 – 600 g blomkool, in stukke gebreek
4 – 5 snye witbrood
100 – 200 ml fyngesnyde preie
2 eiers
500 ml kookmelk
2 ml sout
knippie peper
5 ml neutmuskaat
100 g (250 ml) gerasperde cheddarkaas
klontjies botter of margarien

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F). Smeer ʼn diep soufflébak.
2. Kook die blomkool in soutwater tot sag. Laat goed dreineer.
3. Sny die brood se korsies af en krummel die snye grof.
4. Skep beurtelings broodkrummels, preie en blomkool in lae in die soufflébak.
5. Klits die eiers, melk, sout, peper en neutmuskaat saam tot dit skuim en giet bo-oor.
6. Strooi die kaas oor en stip met botter of margarien.
7. Laat minstens 1 uur lank staan.
8. Bak sowat 50 minute lank.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Resep: Kaaswortels

$
0
0
Foto: www.agric.wa.gov.au

Foto: www.agric.wa.gov.au

Saam met volkoringbrood en ʼn groot bak mengelslaai is dié wortelgebak ʼn gesonde vegetariese ete.

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:
250 g geelwortels, in ringe gesny
250 g aartappels
25 g (30 ml) botter of margarien
2 ml sout
1 ml peper
5 ml bakpoeier
300 ml melk
100 g (250 ml) gerasperde cheddarkaas
2 eiers

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F). Smeer ʼn oondvaste bak van 13 x 23 x 5 cm.
2. Kook die wortels tot sag en dreineer. Kook die aartappels tot gaar en dreineer.
3. Voeg die helfte van die botter of margarien en die sout en peper by die wortels en meng.
4. Voeg die res by die aartappels, druk fyn en roer die bakpoeier en 50 ml van die melk by.
5. Skep die helfte van die aartappels in die bak, dan die helfte van die wortels en strooi die helfte van die kaas bo-oor. Herhaal die lae.
6. Klits die eiers en die res van die melk saam en giet bo-oor.
7. Bak 40 minute lank. Sit dadelik voor.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Resep: Piesangpatats

$
0
0
Argieffoto (globaltableadventure.com)

Argieffoto (globaltableadventure.com)

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:
500 ml gaar, fyngemaakte patats
1 groot eier, geskei
25 ml botter of margarien
2 ml sout
1 groot piesang, in dun skywe gesny
25 ml suiker

Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
2. Klop die patats, eiergeel, botter of margarien en sout saam.
3. Skep in ‘n gesmeerde oondbak en rangskik die piesangskywe bo-op.
4. Klits die eierwit styf terwyl die suiker bietjiesgewys bygevoeg word.
5. Smeer die eierwitmengsel oor die patatgereg.
6. Bak 30 minute lank tot gaar.

Die resep is oorspronklik gepubliseer in die resepteboek, Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Resep: Mielietert

$
0
0
Argieffoto

Argieffoto

Bestanddele:
2 dik snye witbrood
250 ml melk (1 k)
2 eiers
1 blik geroomde suikermielies (420 g)
sout en peper
12,5 ml gesmelte botter (1 e)
25 ml suiker (2 e)

Metode:
1. Week brood in melk en druk fyn.
2. Klits eiers en voeg melk by.
3. Meng deeglik met suikermielies.
4. Voeg res van bestanddele by.
5. Skep in gesmeerde, vuurvaste skottel en bak op 180°C (350°F) tot mooi bruin.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636


Resep: Ouma onder die kombers

$
0
0

Bestanddele:

Ouma onder die kombers. Foto: Tannie Poppie Kook.

Ouma onder die kombers. Foto: Tannie Poppie Kook.

• 500 g maal vleis
• sout en peper na smaak
• 5 ml fyn kruienaeltjies
• 1 eier, geklits
• 1 aartappel, gerasper
• 1 wortel, gerasper
• 1 ui, gerasper
• jong kool blare
• 125 ml botter of margarien

Metode:
1. Meng die maal vleis, sout en peper, kruienaeltjies, eier, aartappel, wortel en ui goed.
2. Vorm bolletjies van die “vleismengsel.
3. Plaas die koolblare 1 uur lank in kookwater.
4. Draai die vleisbolletjies in die koolblare toe.
5. Plaas in ‘n kastrol.
6. Gooi genoeg kookwater in, voeg die botter of margarien by en sit die deksel op.
7. Kook 30 minute lank oor matige hitte tot gaar.

Bron:

Die resepteboek, Tannie Poppie Kook, word uitgegee deur Human & Rousseau. Besoek die uitgewer se webwerf vir meer inligting oor die boek en skrywer.

Lees ook meer oor Tannie Poppie en haar resepteboek hier.

Resep: Ouma Nakkie se groenboontjies

$
0
0
Groenboontjies-gesny-en-gekook


Gesnyde en gekookte groenboontjies. Foto: En.wikipedia.org

Bestanddele:

  • 1 middeslag ui, gekap
  • 500 g groenboontjies, gekerf
  • 1 klein, ryp tamatie, geskil en gekap
  • 1 medium grootte aartappel, geskil en in blokkies gesny
  • Sout en swart peper
  • ‘n Bietjie kookwater (indien nodig)
  • 5 ml margarien
  • 10 ml gekapte pietersielie

Metode:

  1. Braai die ui liggies in ‘n kastrol en voeg die groenboontjies, tamatie, aartappel, sout, peper en ‘n bietjie kookwater by.
  2. Roer die margarien en pietersielie by.
  3. Sit warm voor.

Bron:

Onthou jy nog? ‘n versameling resepte wat deur Anna Eksteen saamgestel is. Die resepteboek kan bestel word deur Anna by 082 294 6799 te skakel.

 

Resep: Pampoenkoekies in stroop

$
0
0
pampoenkoekies-in-stroop

Pampoenkoekies in stroop. Foto: Huisgenoot Wenresepte 1/Human & Rousseau.

Lewer sowat 36 koekies.

Bestanddele vir die pampoenkoekies:

  • 500 ml gaar boerpampoen
  • 120 g (250 ml gesifte) koekmeelblom
  • 10 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 1 eier, geklits
  • sonneblomolie

Bestanddele vir die stroop:

  • 15 g (15 ml) botter of margarien
  • 300 g (375 ml) suiker
  • 200 ml melk
  • 15 ml mielieblom
  • 175 ml koue water

Metode:

  1. Maak die pampoen goed fyn
  2. Voeg die koekmeelblom, bakpoeier, sout en eier by en klop goed tot gemeng.
  3. Skep teelepels vol in die warm olie, druk effens plat en bak aan weerkante tot goudbruin en gaar.
  4. Dreineer op kombuispapier en skep in ‘n opdienbak.
  5. Verhit die botter of margarien, suiker en melk tot kookpunt.
  6. Los die mielieblom in die water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel
  7. Verhit tot kookpunt en giet oor die koekies.
  8. Sit warm voor.

Bron:

Huisgenoot Wenresepte 1 deur Anette Human word uitgegee deur Human & Rousseau. Vir meer inligting oor die boek besoek NB-uitgewers se webwerf of lees Maroela Media se artikel oor die gewilde resepteboek.

Resep: Groentesosaties

$
0
0
Foto: Nina se kombuis

Foto: Nina se kombuis

Lewer 12 sosaties

Hierdie sosaties is veronderstel om vir vegetariërs te wees, maar al die karnivore smul ewe lekker daaraan. Maak sommer baie, want dit wat oorbly, kan môre in ʼn slaai of koeskoes gebruik word!

Bestanddele:

  • 12 murgpampoentjies, koppe en sterte afgesny en in 2 cm-ringe gesny
  • 12 klein piekeluitjies
  • 1 groot rooi-ui, geskil en in kwarte gesny
  • 2 van elke kleur soetrissies, ontpit en in stukke gesny
  • 12 kersietamaties
  • 12 baba-aartappels, gaar maar nie pap gekook nie
  • 1 bottel Franse slaaisous
  • 12 sosatiestokkies – week in water sodat dit nie brand nie

 Metode:

  1. Plaas al die groente in ’n glasbak en giet die slaaisous daaroor.
  2. Marineer vir 1 uur en ryg dan op die stokkies.
  3. Braai oor die kole en bedruip met oorblywende marinade.
  4. Sit voor met ’n groen slaai en dik snye growwe brood.

Bron: Maklike Maaltye uit Nina se kombuis
Uitgewer: Random House Struik

Resep: Vegetariese frikkadelle met suurroomsous

$
0
0
Foto: Gunsteling Braairesepte

Foto: Gunsteling Braairesepte

Genoeg vir 6-8

Bestanddele:

  • 1 e (15 ml) olyfolie
  • 1 e (15 ml) Clover Farmstyle botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 wortel, gerasper
  • 2 murgpampoentjies, gerasper
  • 5 sprietuie, fyn gesny
  • 1x 410g blikkie botterbone of cannellini-bone gedreineer en afgespoel
  • ¾ (40g) vars broodkrummels
  • 1 eiergeel
  • 2e (30ml) grondboontjiebotter
  • 1t (5ml) rooi Thai-kerriepasta
  • 1t (5ml) fyngerasperde vars gemmer
  • 2 e (30ml) gekapte vars koljander
  • ½ (125 ml) Clover White Cheddarkaas

Suurroom

  • ½ (125 ml) Clover suurroom
  • 1 t (5ml) fyngerasperde suurlemoenskil
  • 1 e (15ml) fyngekapte grasuie
  • 1 e (15m) Tahini-smeer
  • sout en varsgemaalde peper

Metode:

  1. Verhit die olie en botter in ‘n pan en braai die uie en knoffel liggies vir 4-5 minute, of tot sag.
  2. Voeg die wortel, murgpampoentjies en sprietuie by. Braai vir 3-4 minute. Dreineer die mengsel vir 10 minute in ‘n vergiettes.
  3. Druk droog met kombuispapier om enige ekstra vog te verwyder. Gooi die boontjies in die bak van ‘n voedselverwerker en kap grof.
  4. Voeg die broodkrummels, eiergeel, grondboontjiebotter, kerriepasta, gemmer en koljander by. Meng deeglik en skep die mengsel in ‘n mengbak.
  5. Voeg die groente en kaas by en meng goed. Bedek jou hande met meel en vorm 6-8 frikkadelle en verkoel dit vir 20 minute.
  6. Rooster vir 2-3 minute aan ‘n kant op ‘n gesmeerde plat gietysterplaat op die braai of in ‘n braaipan tot goudbruin en bros.
  7. Bedien met die suurroomsous of op ‘n broodrolletjie met slaai-bestanddele.

Suurroomsous: kombineer al die bestanddele en geur na smaak.

Bron: Clover Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa

Viewing all 81 articles
Browse latest View live