‘n Mens kan die blomkool deur broccoli vervang en ook kaas tussen die lae krummels en groente plaas.
Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele:
500 – 600 g blomkool, in stukke gebreek
4 – 5 snye witbrood
100 – 200 ml fyngesnyde preie
2 eiers
500 ml kookmelk
2 ml sout
knippie peper
5 ml neutmuskaat
100 g (250 ml) gerasperde cheddarkaas
klontjies botter of margarien
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F). Smeer ʼn diep soufflébak.
2. Kook die blomkool in soutwater tot sag. Laat goed dreineer.
3. Sny die brood se korsies af en krummel die snye grof.
4. Skep beurtelings broodkrummels, preie en blomkool in lae in die soufflébak.
5. Klits die eiers, melk, sout, peper en neutmuskaat saam tot dit skuim en giet bo-oor.
6. Strooi die kaas oor en stip met botter of margarien.
7. Laat minstens 1 uur lank staan.
8. Bak sowat 50 minute lank.
Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering