Lewer 4 – 6 porsies
Bestanddele:
500 ml gaar, fyngemaakte patats
1 groot eier, geskei
25 ml botter of margarien
2 ml sout
1 groot piesang, in dun skywe gesny
25 ml suiker
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
2. Klop die patats, eiergeel, botter of margarien en sout saam.
3. Skep in ‘n gesmeerde oondbak en rangskik die piesangskywe bo-op.
4. Klits die eierwit styf terwyl die suiker bietjiesgewys bygevoeg word.
5. Smeer die eierwitmengsel oor die patatgereg.
6. Bak 30 minute lank tot gaar.
Die resep is oorspronklik gepubliseer in die resepteboek, Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering