Quantcast
Channel: Groentegeregte | Maroela Media
Viewing all articles
Browse latest Browse all 81

[Resep] Vegetariese bakplaat-pizza

$
0
0
Pizza

Vegetariese bakplaat-pizza. Foto: Japtrap-Braai

‘n Uitstekende vooraf-versnapering tydens ‘n braai. Ook ideaal vir diegene wat nie vleis eet nie, want dit word ook oor die vuur gaargemaak, maar nie direk op die rooster nie. Indien dit vir jou te tydrowend is om jou eie deeg te maak, koop sommer klaarbereide deeg by ‘n supermarkbakkery. Plaas eenvoudig die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak en rol uit soos aangewys.

Genoeg vir 6-8 as voorgereg of 2-4 as hoofgereg.

Bestanddele:

Pizzabasis

  • 500 g koekmeel
  • 5 ml (1 t) sout
  • 5 ml (1 t) suiker
  • 1 x 10 g-pakkie droëkitsgis
  • 60 ml (4 e) olyfolie
  • sowat 375 ml (1 ½ k) warm water

Bolaag

  • 85 ml (1/3 k) pizza-tamatiesous (nie die wat jy oor slaptjips sou eet nie!) of passata (in Italiaans verwys passata na tamatiepuree wat dunner is as tamatiepasta.
  • 200 g mozzarellakaas, in skywe gesny
  • 1 x 250 g-pakkie sampioene, in skyfies gesny
  • 2 groot murgpampoentjies, in linte gesny met ‘n groenteskiller
  • 12 kersietamaties, gehalveer
  • 1 rooi soetrissie, ontkern en in dun repe gesny
  • 100 g artisjokharte in olie, gedreineer en fyngesny (opsioneel)
  • 12 swart olywe, ontpit
  • 10 ml (2 t) droë origanum
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Maak eers die deeg vir die basis. Meng die meel, sout, suiker en gis in ‘n mengbak. Voeg die olie en net genoeg water by om ‘n sagte deeg te vorm wat nie te klam is nie. AI die water gaan moontlik nodig wees, dalk selfs ‘n bietjie meer. Meng deeglik en knie tot glad. Bedek en laat staan op ‘n warm plek totdat dit tot dubbel die volume gerys het. Dit behoort sowat 40 minute te duur.
  2. Plaas die deeg op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Rol dit uit in die vorm van ‘n groot reghoek en sit op ‘n groot bakplaat.
  3. Smeer die tamatiesous oor die deeg gevolg deur die skywe mozzarellakaas. Versprei die groente eweredig daaroor en rond af met die olywe. Sprinkel origanum oor en geur met sout en peper. Indien verkies, rasper nog mozzarellakaas bo-oor. Laat staan vir 10 minute. Plaas die bakplaat op die rooster vir 15-20 minute. Sit dadelik voor.

Bron: Japtrap Braai
Uitgewer: Random House Struik


Viewing all articles
Browse latest Browse all 81

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!