
Pampoenkoekies in stroop. Foto: Huisgenoot Wenresepte 1/Human & Rousseau.
Lewer sowat 36 koekies.
Bestanddele vir die pampoenkoekies:
- 500 ml gaar boerpampoen
- 120 g (250 ml gesifte) koekmeelblom
- 10 ml bakpoeier
- 2 ml sout
- 1 eier, geklits
- sonneblomolie
Bestanddele vir die stroop:
- 15 g (15 ml) botter of margarien
- 300 g (375 ml) suiker
- 200 ml melk
- 15 ml mielieblom
- 175 ml koue water
Metode:
- Maak die pampoen goed fyn
- Voeg die koekmeelblom, bakpoeier, sout en eier by en klop goed tot gemeng.
- Skep teelepels vol in die warm olie, druk effens plat en bak aan weerkante tot goudbruin en gaar.
- Dreineer op kombuispapier en skep in ‘n opdienbak.
- Verhit die botter of margarien, suiker en melk tot kookpunt.
- Los die mielieblom in die water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel
- Verhit tot kookpunt en giet oor die koekies.
- Sit warm voor.
Bron:
Huisgenoot Wenresepte 1 deur Anette Human word uitgegee deur Human & Rousseau. Vir meer inligting oor die boek besoek NB-uitgewers se webwerf of lees Maroela Media se artikel oor die gewilde resepteboek.