
Foto: Nina se kombuis
Lewer 12 sosaties
Hierdie sosaties is veronderstel om vir vegetariërs te wees, maar al die karnivore smul ewe lekker daaraan. Maak sommer baie, want dit wat oorbly, kan môre in ʼn slaai of koeskoes gebruik word!
Bestanddele:
- 12 murgpampoentjies, koppe en sterte afgesny en in 2 cm-ringe gesny
- 12 klein piekeluitjies
- 1 groot rooi-ui, geskil en in kwarte gesny
- 2 van elke kleur soetrissies, ontpit en in stukke gesny
- 12 kersietamaties
- 12 baba-aartappels, gaar maar nie pap gekook nie
- 1 bottel Franse slaaisous
- 12 sosatiestokkies – week in water sodat dit nie brand nie
Metode:
- Plaas al die groente in ’n glasbak en giet die slaaisous daaroor.
- Marineer vir 1 uur en ryg dan op die stokkies.
- Braai oor die kole en bedruip met oorblywende marinade.
- Sit voor met ’n groen slaai en dik snye growwe brood.
Bron: Maklike Maaltye uit Nina se kombuis
Uitgewer: Random House Struik