
Foto: Gunsteling Braairesepte
Genoeg vir 6-8
Bestanddele:
- 1 e (15 ml) olyfolie
- 1 e (15 ml) Clover Farmstyle botter
- 1 ui, fyngekap
- 1 knoffelhuisie, fyngedruk
- 1 wortel, gerasper
- 2 murgpampoentjies, gerasper
- 5 sprietuie, fyn gesny
- 1x 410g blikkie botterbone of cannellini-bone gedreineer en afgespoel
- ¾ (40g) vars broodkrummels
- 1 eiergeel
- 2e (30ml) grondboontjiebotter
- 1t (5ml) rooi Thai-kerriepasta
- 1t (5ml) fyngerasperde vars gemmer
- 2 e (30ml) gekapte vars koljander
- ½ (125 ml) Clover White Cheddarkaas
Suurroom
- ½ (125 ml) Clover suurroom
- 1 t (5ml) fyngerasperde suurlemoenskil
- 1 e (15ml) fyngekapte grasuie
- 1 e (15m) Tahini-smeer
- sout en varsgemaalde peper
Metode:
- Verhit die olie en botter in ‘n pan en braai die uie en knoffel liggies vir 4-5 minute, of tot sag.
- Voeg die wortel, murgpampoentjies en sprietuie by. Braai vir 3-4 minute. Dreineer die mengsel vir 10 minute in ‘n vergiettes.
- Druk droog met kombuispapier om enige ekstra vog te verwyder. Gooi die boontjies in die bak van ‘n voedselverwerker en kap grof.
- Voeg die broodkrummels, eiergeel, grondboontjiebotter, kerriepasta, gemmer en koljander by. Meng deeglik en skep die mengsel in ‘n mengbak.
- Voeg die groente en kaas by en meng goed. Bedek jou hande met meel en vorm 6-8 frikkadelle en verkoel dit vir 20 minute.
- Rooster vir 2-3 minute aan ‘n kant op ‘n gesmeerde plat gietysterplaat op die braai of in ‘n braaipan tot goudbruin en bros.
- Bedien met die suurroomsous of op ‘n broodrolletjie met slaai-bestanddele.
Suurroomsous: kombineer al die bestanddele en geur na smaak.
Bron: Clover Gunsteling braairesepte
Uitgewer: Lapa